Uncategorised

Verslag: Future Fun caps


Opvoeders reg oor Suid-Afrika voel dikwels dat die KABV ‘n onsamehangende beleid is wat hopeloos te veel inhoud dek. Ons vind dit egter moeilik om die dokument sorgvuldig te implementer en raak dikwels mismoedig wanneer ons die inhoud besigtig.


Danksy die Ruperts stigting, Skillspro en Future Fun Caps, sien opvoeders nou lig aan die einde van die lang donker tonnel. Die bekendsteling en implementering van hierdie program verskaf vreugde, verjeuging in ons harte en klaskamers.
FFC som ons tradionele beleid op en vergemaklik ons taak as opvoeders. Vandat FFC aan ons bekend gestel is, vind daar weer en meer leer plaas in ons klaskamers.


Die program is baie maklik om te gebruik en beskik oor alle moontlike voordele vir beide opvoeders en leerders. FFC is ‘n veelsydige produk. Die leermateriaal is aanloklik, kleurvol en beskik oor alle kwaliteite om leerders se kognitiewe denkwyse te ontwikkel. Hierdie program is ‘n pioneer om alle vlakke van leer, alle leertegnieke en alle leer areas te dek.


Die Inkorperering en implementering van video’s maak lesse kreatief en maak voorsiening vir die visuele en audiotoriese leerders. Geen internet onderbrekings kan die gebruik van hierdie program stuit nie. Die vorige graad se werk kan dien as intervensie vir die huidige graad. Die lesse en onderwerpe is interaktief. Die speletjies by Wiskunde se hoofrekene help defnitief met die spoed van denke en ook met drilwerk.


Die manier hoe hierdie program saamgestel is, bied groot hulp vir die beplanning van lesse en sal leerders se punte aansienlik verbeter. Die program maak die implementering van die CAPS document makliker en sal defnitief ‘n aanwins vir enige skool in Suider-Afrika wees, indien hulle slim genoeg is om Future Fun Caps aan te skaf.


Dankie Future Fun Caps
Mr. J. Meintjies
Wes-Eind Primêre skool.

Letter of endorsement


To whom it may concern


During 2018 my school decided to implement the Future-FUN CAPS (FFC) curriculum as developed by Futurekids SA. All the staff was trained to use FFC in every classroom. To my surprise the system was totally Computer based and the ease of use was just astonishing.


I decided to use the system with my grade 7s from the start of 2019. This was also the year that I became a PLC leader in Gauteng West (Senior phase English).


I would as an educator and as a PLC leader endorse this ICT resource to any school that wished to use more than just a textbook. The interactive E-books with presentations, videos and worksheets had a huge effect academically on my learners. Just in term 1 marks dramatically improved. The system also makes life easier for the educator as most of the administration work and assessments are already done for them. This results in better lesson preparation and delivery. All round I give this program a 10/10.


The full ATP is covered. This I personally verified. The full CAPS curriculum is covered. This were also verified by our Gauteng West PLC.


I even have my grade 7 son now using the online version of Future-FUN CAPS as the benefits are numerous.
Sincerely


C.R. VAN STADEN
0760289731
PLC LEADER 2020 and Educator D2 Gauteng West

 


 

 

 

 

 

 

Ek het Skillspro op hoërskool as ‘n hoofvak gehad, want ek was van plan om in die rekenaar rigting verder te studeer.  Op daardie stadium het my skool net Microsoft Office 2000 op die rekenaars gelaai gehad.  Alhoewel dit aanvanklik moeilik was om te leer hoe om die programme tot hulle volle potensiaal te gebruik, het ek dit steeds geniet.

Ek is tans klaar met my eerste jaar van têrsiere studies en het my MTA met Adobe suksesvol voltooi.  Gedurende die jaar was ek verplig om Microsoft Office 2010 se Excel, Word, PowerPoint en Outlook onder die knie te kry, want ek moes daaroor eksamen skryf.  Gelukkig was dit vir my maklik, want ek het alles al gedurende my SkillsPro jare geleer en het basies net nodig gehad om te leer op watter ribbon sekere goed lê.  Dit was ook vir my moontlik om aan ‘n paar klasmaats sekere Excel formulas te verduidelik, want die SkillSpro kennis wat ek opgebou het, het gemaak dat ek dit wat hulle in Kollege handboeke probeer verduidelik het, snap.  Vir databasisse het ons ‘n ander program gebruik, maar die grondslag begrippe wat Access in SkillsPro my geleer het, het gemaak dat ek makliker verstaan waaroor dit gaan. 

Om die waarheid te sê:  “Office 2010 was a breeze, because of my Skillspro background.” “Keep up the good work!!”

 ‘n Oud student

Anja du Toit